KREDCOR KHULUMA

Kredcor¬†is ‘n familie besigheid wat in 1999 in Alberton,Gauteng begin besigheid doen het. Johan Louw het die besigheid gestig in 1999. Vinnige groei en suksesse het veroorsaak dat hy kort daarna deur sy pa, At Louw, broer Adriaan Louw en familie-vriend Lawrence Oosthuizen se talente “versterk” is.

Kredcor spesialiseer in die invordering van agterstallige besigheids-rekeninge asook die voorsiening vanKrediet Inligting op maatskappye en hul direkteure, lede en/of eienaars. Alle verwante dienste word ook aangebied.

Kredcor werk uitsluitlik vir medium tot groot maatskappye en hanteer slegs besigheids-rekeninge.

Elke aspek van Kredcor se besigheid word, sonder uitsondering, uiters professioneel en met absolute eer en integriteit bestuur. Kredcor werk saam met van die land se voorste maatskappye, en dit is dus van uiterste belang dat alles 100% en volgens voorskrif gedoen word.

Kredcor werk in ‘n taamlik “gedugte” industrie en het oor die jare met vlieende vaandels daarin geslaag om homself te onderskei van die res; ‘n feit wat deur verskeie amptelike bronne bevestig kan word.

Kyk gerus deur ons webblad, en skakel asseblief met ons vir verdere verwysing, vrae en / of om ‘n afspraak te reel vir ‘n persoonlike ontmoeting.

Skuld Invordering Wes Kaap

Skuld Invordering Wes Kaap